Rio de Janeiro (deelstaat)

Rio de Janeiro
Vlag van Rio de Janeiro Wapen van Rio de Janeiro
Map of Brazil highlighting the state
Ander Brasiliaanse state
Hoofstad Rio de Janeiro
Grootste stad Rio de Janeiro
Oppervlakte 43 696,054 vk km
Bevolking
  - Totaal
  - Digtheid

16 635 996 (2016)
380 inw./vk km
Goewerneur Sérgio Cabral Filho (PMDB)
(sedert 1 Januarie 1 2007)
Visegoewerneur:
Luís Fernando de Sousa (PMDB)
Demoniem Fluminense
MOI (2000) 0,807 – hoog
Tydsone UTC-3
ISO 3166-2 BR-RJ
Die Spaanse argitek Santiago Calatrava se opspraakwekkende Museu do Amanhã ("Museum van Môre") was deel van 'n massiewe herlewingsprojek in die middestad van Rio de Janeiro wat ter geleentheid van die Olimpiese Somerspele van 2016 geloods is

Rio de Janeiro [ˈʁi.u dʒi ʒɐˈnejɾu] (amptelike afkorting: RJ) is een van die 26 deelstate van Brasilië, met 'n oppervlakte van 43 910 vierkante kilometer en 'n bevolking van sowat 16,6 miljoen (in 2016). Dit bestaan uit 'n kusvlakte, die sentrale Serra do Mar-platorand en die vrugbare Paraíbarivier-stroomgebied in die weste. Daar word koffie, suiker en vrugte verbou. Die tekstiel-, sement- en staalnywerheid vorm saam met die suikersuiwering en olieontginning die ekonomiese basis van die deelstaat.

Rio de Janeiro maak deel uit van Brasilië se Suidoostelike Streek en grens in die noorde en noordweste aan die deelstaat Minas Gerais, aan Espíritu Santo in die noordooste, aan São Paulo in die suidweste en in die ooste en suide aan die Atlantiese Oseaan.

Rio de Janeiro, die hoofstad, het in 1763 Salvador da Bahia as die hoofstad van die Portugese kolonie vervang en het sedert 1806 as die hoofstad van die Verenigde Koninkryk van Brasilië, Portugal en Algarve gedien. In die tydperk tussen 1822 en 1960 was Rio die hoofstad van die onafhanklike Brasilië.

In die nasionale vlag van Brasilië word Rio de Janeiro deur die Beta-ster (Beta Crucis of Mimosa) in die sterrebeeld Suiderkruis versinnebeeld.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search